“Wat is dit wat werklik saakmaak?” neem jou op ʼn reis om God se koninkryk te ontdek te midde van die chaos van die alledaagse lewe. In ʼn wêreld vol eise en druk, wys hierdie potgooi jou hoe om rus te vind, perspektief te kry, en op die regte dinge te fokus. Kom luister na insigte, stories en Bybelse waarheid wat jou help om te leef vanuit wat regtig belangrik is.
Deel jou storie met my deur 'n boodskap of stemnota op WhatsApp by 082 565 9453. Jy kan ook 'n e-pos rig na my by afsprake@pieterjvisser.co.za.