Gesprekke oor hopeloosheid, angs, depressie en die God van alle hoop. In hierdie laaste episode van die HOOPVOL reeks wil ek graag vir jou bid. Ek ken dalk nie jou situasie ten volle nie, maar as iemand wat vir jare met depressie moes worstel en hoopvol aan die ander kant uitgekom het, wil ek vir jou bid. Laat toe dat die Here jou kom bedien in hierdie tyd.