ʼn Jong Afrikaanse vriendin wat ek hier in Amerika het, het nou die dag die oulikste ding denkbaar met haar sesjarige seuntjie gedoen. Ek wil dit graag met jou deel, want ek dink wat sy gedoen het, was briljant en kan enige ma help.
Sy het twee woelige seuntjies. Sulke blondekoppies wat nooit vir ʼn oomblik stilsit nie. Die ouer boetie is nou ses en hy teken verskriklik goed. Die jonger enetjie is vier en hy is net so lief vir teken soos ouboet, maar sy vaardigheid is nog nie daar nie.
Op ʼn braai met ʼn paar Suid-Afrikaanse vriende sit die ouer outjie en teken. Jonger boet hardloop rond met sy vetkryt en soek na ʼn plek waar hy ook kan teken. Al wat hy in die hande kry is ouboet se spesiale tekenboek en entoesiasties begin hy daarin krap.
Ouboet ontplof en is op die punt om vir Kleinboet aan te rand oor die skade wat hy aangerig het, toe sy Ma hom aan die skouers vat, reg in die oë kyk en die belangrikste sinnetjie sê wat ons vir ons kinders kan sê.
In hierdie week episode praat ek oor daardie sinnetjie en ook die vyf maniere waarop ons ons kinders met hulle emosies kan help.
In my skryfkursus Sinne wat sing verwys ek ook na die vier groot kategorieë waarin ons emosies kan verdeel:
· Mad
· Bad
· Sad
· Glad
Een van die groot voordele van stories is juis dat dit ons help om ander mense en onsself beter te kan verstaan.
Dis wat Christelle Nel oor die kursus te sê het:
“Ons het vreeslik baie pret met jou kursusse.
“Die hele jaar wat ons al die Sinne wat Sing doen, sien ek hoe my seun eers gesukkel het, en ewe skielik lyk dit vir my of hy snap wat hy moet doen. Ek help ook eers, maar hy moet dan sy eie woorde soek en mag nie myne gebruik nie.
“Dit begin nou vir hom maklik raak en ek sien die liggie het aangegaan. My hart pomp sommer tjoklits daaroor.
“Baie dankie dat jy hierdie kursusse gemaak het.”
Sinne wat sing behandel bykans 30 skryftegnieke met jou kinders aan die hand van oulike stories wat die kinders moet verbeter.