Johan Pretorius, tuisskoolpa van die Kaap, gesels in hierdie week se potgooiepisode oor sweeftuie en sweefvlieg.
Sweefvlieg is ʼn wonderlike sport vir ʼn tiener wat enigsins in vlieg belangstel. Daar is net soveel lesse, ook emosionele lesse, en vaardighede te leer.
Jou kind kan taamlik vroeg al met hierdie leersame sport begin. ʼn Mens moet minstens 14 jaar oud wees om ʼn leerlinglisensie vir ʼn sweeftuig te kry en 16 jaar oud vir die volwaardige lisensie.
Maar soos alle vlieglesse is dit duur.
En dis veral hier wat Johan goeie inligting en ʼn bekostigbaarder alternatief vir ons gewone tuisskolers verskaf.
Johan is lid van die sweefklub en hy verduidelik hoe so ʼn klub leer sweef meer koste-effektief kan maak.
KLIK HIER vir ʼn kaart van al die sweefvliegklubs in Suid-Afrika.
Jy kan ook op YouTube na hierdie onderhoud kyk.
Lekker leer vlieg.