Episode 2. Daar was 'n donderstorm in Sarajewo. Ek het by 'n Towenaar beland. Per ongeluk, genadiglik, of noodwendig.By die lawwe afdak wat as effense reënskerm moes dien, is daar ʼn klein winkeltjie wat lyk soos ʼn kombinasie van Liewe Heksie en Harry Potter. Dis kinderlik laf met vrolike kleure. Ek besluit dat die besonderse plek seker aan ʼn towenaar behoort. ʼn Marionet sit bo-op die deur se poort. Ek druk my neus teen die venster om beter binnetoe te kan sien. Binne sit daar ʼn man wat verf met 'n groot blou kwas. Hy kyk op. Ek voel verspot met my neus teen sy venster en skop die helder geel emmer by sy voordeur om. Die towenaar in die winkeltjie wink. “Kom in!” Ek stap in ...