SELFOON. MEDISYNE. KREDIETKAAT? Bring saam. Selfone: Bring almal se selfone saam, "unlock" hulle en sorg dat jy hier 'n nuwe Sim-kaart kan insit. Gebruik dit die eerste paar dae net vir Internet-konneksies, sodat jy kan WhatsApp en Facebook. Gratis. Koop dan 'n pay-as-you-go kaart voor jy 'n 2-jaar kontrak teken. Medisyne: Ek maak voorstelle van wat ek dink sal help om saam te bring vir die eerste paar weke. Kredietlkaart. Bring jou SA kredietkaart of Krediet/Debiet kaart. Laai geld op. Dit gaan jou lewe makliker maak in die "bomskok" tyd net na jy hier aankom.