Sneeu is net mooi op bergpieke, Kerskaartjies, foto's en op 'n ski-hill as jy self ski. Die waarheid oor sneeu, vir mense uit warm lande. Sneeu word vuil van die sand en klip wat die sneeuploeg strooi oor strate. Selfs die Kanadese haat sneeu, omdat mooi sneeu gou-gou harde ys word en dan oral vassit vir maande en maande. Dis werk. Klein dorpies word afgesny van die wêreld. Bergepasse raak onbegaanbaar. Die sagte stilte na vars sneeu is te wonderlik. Maar vir die res is dit goor. In die Lower Mainland gedeelte sneeu dit nie juis nie -- so 1 tot 3 keer 'n jaar en dis gewoonlik binne 'n dag weer weg.