In episode 2 van “But kaantie: die Ivor Price show” praat sielkundige Shahieda Carlie oor self-isolasie in ’n tyd waar sosialisering vir Moslems amper heilig is. Jason Lloyd is bekommerd oor die weermag se skop, skiet en donder-benadering, en Theo Venter praat oor minister Jackson Mthembu se vibrator-glipsie. Vito Heyn verklap als oor “Red Suid-Afrika”, sy nuwe coronavirus-rapliedjie. Ander hoogtepunte is Ronelle Louwrens van YehBaby oor die digitale herlewing van kleinsakeondernemings, terwyl Ryk van Niekerk sê wat PSG se ontbondeling vir Capitec-kliënte beteken.