"Binne spiritualiteit is verwondering gelyk aan die bewustheid van die Goddelike. Dit staan in diens van ons onvermydelike soeke na betekenis; identiteit, na intimiteit - en belyn met ons suspisie dat God iets daarmee te doen het. Verwondering maak die venster oop na ’n ervaring van God - en dis klaarblyklik moontlik, of ons nou in die woestyn is, of in die stad; in die ooste of die verre weste…"
- André Serfontein