Hierdie reeks fokus op twee waarhede. Die eerste is dat God in sy wese in verhouding is, hy is liefde. En liefde is ‘n verhoudingswoord. God soek na verhouding, Hy roep na ons.
Die tweede waarheid is dat ek en jy na God se beeld geskep is. Ons is verhoudingswesens, gemaak vir konneksie en word gevorm deur konneksie. Die afleiding is dan dat ‘n groot deel van die misterie van ons lewens sigbaar gaan word deur verhoudings. Ontdek die lewe op hierdie manier…en ontdek jouself.