Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: "Here, leer ons bid...". - Lukas 11
Stel jou voor dat jy en van Jesus se dissipels was, jy volg Hom vir 'n paar maande, hoor sy preke en leringe, beleef sy kennis en wysheid, sien en ervaar sy wonderwerke. Nou kry jy die kans om Hom een ding te vra: "Here, leer my..."
Wat sou jy vra?