Soms sê Jesus vir sy volgelinge: “Volg My.” Op ’n ander keer is die opdrag” “Bly in My.” En dan hoor ons Hom ook sê: “Gaan.”
Wat gebeur wanneer ons *nie* gaan nie? *Waarheen* moet ons gaan, en *hoe* behoort ons te gaan? Ons wil Sondag - vanuit die storie van God se opdrag aan Moses om te gaan - ’n nuwe perspektief kry op roeping. Ons denke hieroor het ’n dringende omkeer nodig, sodat ons kom en gaan nooit weer dieselfde sal wees nie!