Listen

Description

SAAM is die landskap waarbinne ons leer en leef, en dit is waar ons God se Gees teëkom en ervaar. Al die woorde wat gebruik word om die vrug van die Gees te beskryf is verhoudingswoorde:

Teks: Galasiërs 5
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Hierdie verhoudings-realiteit strek oor alle dimensies van ons bestaan. Dit lei ons na ’n lewe in verhouding met die natuur, die oomblik, die persoon, die gebed, die gemeente.