Listen

Description

Om te bid dat God se koninkryk sal kom nooi ons om die spanning te betree van ’n realiteit wat rééds sy hart reflekteer, en gelykertyd nog sug ‘in die pyne van verwagting’. Dit nooi ons om die wonder én gebrokenheid van die wêreld opnuut te herken. Dit daag ons uit om die intensie van ons eie hart te erken.
Dis nie ’n onskuldige gebed om te bid nie; dis eintlik ’n gevaarlike een.

Kom ons waag om dit saam te bid.