Het jy al die verlies van ‘n geliefde ervaar? Het jy al ooit die vraag gevra – wat gebeur as ek doodgaan? Ons hoor dikwels stories van mense van doodservaringe gehad het; hulle sien skerp lig, visioene van die hemel en ondervind selfs buite liggaamlike ervaringe. Daar is so baie kontroversie betreffende die onderwerp. Mense – Christene en nie-Christene - glo verskeie moontlikhede. Sommige glo na jy gesterf het gaan jou siel hemel of hel toe. Ander glo in reinkarnasie of nog ander die dood eenvoudig die einde is.
Die mees betroubare bron wat ons hieroor het is die Bybel en die Bybel verskaf duidelike antwoorde oor wat regtig na die dood gebeur. Baie van dit wat mense glo betreffende die dooies het sy oorsprong in die Griekse filosofie wat leer dat die siel onsterflik is en dat dit afsonderlik van die liggaam ‘n lewe van sy eie het. Dit beteken dat selfs na ons dood is, ons in staat is om te dink, voel, en met mense op aarde en in die hemel kan kommunikeer. In teenstelling beskou die Bybel die dood as skepping in trurat. Prediker 12:7: “Dan sal die stof terugkeer na die aarde waar dit vandaan kom en die gees na God wat dit gegee het.” God laat nie toe dat die siel bly leef na die liggaam gesterf het nie, Hy behou die identiteit van die gesorwene slegs in Sy gedagte. Die gees (asem/lewegewende krag) van die afgestorwene keer terug na God. Die Bybel verwys konstant na die dood as slaap en selfs Jesus erken dit in die verslag van Lasarus se dood wat in Johannes 11:11-25 aangetref word. God beloof daar sal geen pyn of lyding in die hemel wees nie. As ons die probleme wat ons geliefdes op aarde moet ervaar moet aanskou, sal dit tog pyn eerder as vreugde tot gevolg hê. God laat in Sy genade toe dat ons slaap eerder as dat ons hulpeloos moet toekyk hoe geliefdes hulle lewens op aarde voortsit.
Satan gebruik hierdie valse idees oor die dood om ons te mislei. Gevalle engele verskyn aan ons as boodskappers en boots dooie vriende en familie na en gee voor hulle kommunikeer met diegene wat leiding van hulle af wil bekom. Baie mense vind berusting daarin dat hulle geliefdes die hemel geniet; en sonder om dit te besef, stel hulle hulself bloot om na bose geeste en duiwels te luister. Die Bybel voorspel dat bose engele waarskuwings sal rig en die toekoms voorspel – dit sal selfs betroubaar lyk – sodat hulle valse leerstellings geglo sal word. Hierdie engele beinvloed die volke van die wêreld en lei hulle binne die eindtyd gebeure in.
Ons behoort ons inligting slegs van die Bybel te bekom. Sa tan kan net diegene mislei wat toegee tot sy versoekinge. Diegene wat op God se Woord vertrou en poog om die waarheid na te volg, sal gered word. Jesus is altyd beskikbaar vir jou, al wat jy moet doen is om te vra.