Wil jy graag vrygeskeld word van dit wat jy verkeerd gedoen het? Soek jy na vrede in plaas van angstigheid en vrees? Jy is nie alleen nie.
In die aflewering kyk ons na wat God oor die einde van tyd sê. Jy sal jou vrese kan afskud en nuwe hoop vind want Jesus Gee vir jou Om! God stuur dikwels boodskappe voor rampe op ons afkom. Geinspireer deur God het Noag die boodskap verkondig dat daar ‘n wêreldwye vloed gaan kom waat die aarde sal vernietig. Josef het aan Farao die boodskap van ‘n vernietigende hongersnood gebring. En die Here stuur ‘n boodskap vir jou en my ter voorbereiding vir die einde van tyd.
In Openbaring 14:6-9, kry ons hierdie laaste boodskap. Die goeie nuus is dat God ons oneindig lief het. Die boodskap staan bekend as die ewige evangelie. Dis ‘n boodskap wat ons herinner dat God gewilliglik toegelaat het dat Sy eie Seun sou sterf om vir ons sondes te betaal. Dis bemoedigend! Hoewel ons voor God moet staan in die oordeel, het Hy ‘n weg voorsien om ons vergifnis deur Christus te verseker! En die vergifnis open ook die deur na die ewige lewe saam met Hom in die hemel!
Die eerste engel se boodskap is “vrees God en gee Hom heerlikheid.” Hierdie instruksie wys op ons behoefte om God se wet te gehoorsaam en om ons lewens in te rig volgens Sy Woord. (Sien Prediker 12:13 en 1 Korinthiërs 10:31) Die engel praat dan oor aanbidding. Sien, ons leef in ‘n tyd waar miljoene mense God as Skepper verwerp. In die boodskap doen God ‘n beroep op die wêreld om Hom as Skepper te aanbid. Hoekom is die boodskap so belangrik?
Die engel sê “want die uur van SY oordeel het gekom.” Dit dui aan dat God nou besig is om te oordeel. Dis ‘n tyd van waar ondersoek ingestel word voor Jesus weer kom en Hy Sy loon sal kan saambring ten opsigte van wie die ewige lewe beerwe. (Openbaring 22:12) Kan dit wees dat ons in die tyd van die oordeel leef? Word jou toekoms bepaal deur die keuses wat jy vandag maak? Dit kan vreesaanjaend wees om aan te dink, ne?
Die goeie nuus is dat God vir ons voor die tyd boodskappe stuur. Ons hoef nie te vrees nie. Hy wil hê ons moet gereed wees en Hy het dit moontlik gemaak vir ons om die ewige lewe te beerwe! Die tweede en derde engele fokus op waarheid en leuens. Baie mense word mislei deur die valse leringe van mense eerder as om te luister na die Woord van God.
Die boodskappe van die twee engele is die ernstigste boodskappe in die hele Bybel. Maar moenie bekommerd wees nie. In komende aflewerings kyk ons na die betekenis van Babilon en die Merkteken van die Dier. Onthou net God se Woord is ons bron van veiligheid en van waarheid! (Sien Johannes 17:17) Die sleutel van die finale boodskap is dat jy voorbereid kan wees om in die oordeel van God te staan.
Deur die boodskappe van die drie engele het God ‘n weg aan die wêreld voorsien om gereed te wees wanneer Hy weer kom. God berei ‘n groep mense voor wat Hom as Skepper sal aanbid. Hulle sal Hom gehoorsaam omdat hulle Hom liefhet. En die groep individue sal opstaan vir Jesus al gebeur wat.
Het jy al op die plek gekom waar jy jou hele lewe aan God wil toewy? Wil jy bergewe wees? Wil jy vrede en die versekering van God se liefde ervaar? Dan is dit nou die tyd om jou hart aan Ho...