Listen

Description

Voel dit ook vir jou soms of die hele wêreld net buite beheer is? Het jy al ooit gedink dit moet die einde van die wêreld wees?

Die goeie nuus is dat te midde van al die chaos jy seker kan wees dat God ‘n persoonlike reddingsplan vir jou het. Die plan is die wederkoms van Christus! Hoekom moet ons weet hoe die wederkoms van Jesus sal plaasvind?

Nagenoeg 2000 jaar gelede is die mense van Jerusalem verdwaas totaal onvoorbereid want Jesus se eerste koms het nie aan hulle verwagtinge voldoen nie. Hy het nie as glorieryke oorwinnaar gekom nie – Hy het gekom as ‘n tedere klein babatjie, gebore in ‘n arm gesin. Anders as Jesus se eerste koms sal jy nie hoef te wag vir die nuus van Sy koms nie – dit sal onmoontlik wees om dit te mis! Tog, al sal Jesus se wederkoms sigbaar wees vir elke oog en hoorbaar vir elke oor, maak dit ‘n groot verskil om te weet HOE Hy weer sal kom. Die Bybel verklaar dat “… elke oog sal Hom sien ….” (Openbaring 1:7) met Sy wederkoms.

Sy wederkoms sal nie ‘n geheimsinnige gebeurtenis in die woestyn of geheime wegraping wees nie. Hoewel sommige sê dat Jesus se wederkoms in die geheim sal wees, waarsku die Bybel ons eintlik vooraf oor die gedagte. In Lukas 17:23, vertel Jesus ons dat mense eendag valslik sal verklaar “. . .‘kyk hier!’ of ‘Kyk daar!’ . . .”, maar ons moet hulle nie volg nie. Die rede – enige persoon wat beweer dat Jesus se wederkoms vervul word deur net privaat met ‘n groep of persoon te ontmoet, slegs ‘n namaaksel is en dus vals is. Soos weerlig die lug vul en van alle hoeke af sigbaar is, so sal Sy koms sigbaar wees van alle rigtings af. (Lukas 17:24). Moenie verwag om te sien dat Jesus in die straat in Pretoria sal afstap of Tokio of Windhoek nie.

Wanneer Jesus weer kom sal die regverdiges “. . . Hom tegemoet vaar in die lug.” (1 Thessalonicense 4:17)! Jesus herinner ons ook dat ons altyd voorbereid moet wees omdat niemand die presiese tyd van Sy wederkoms ken nie. (Matthew 24:36). Jesus se wederkoms sal die klimaks van die aarde se geskiedenis wees. Hy sal Sy volgelinge uit die kake van die dood, pyn en siekte kom red. Diegene wat volgelinge van Jesus was toe hulle gesterf het sal uit die graf uit opstaan en in ‘n oogwink verander word en met onsterlikheid beklee word. (1 Corinthiërs 15:51-52).

Vandag is die dag om te kies om Hom te volg omdat “. . . vandag die dag van verlossing is.” (2 Corinthiërs 6:2). Jou ewige toekoms hang af van die besluite wat jy maak. In Johannes 14:2, 3 beloof Jesus “. . . Ek gaan om ‘n plek te berei vir julle. En as Ek gegaan het om plek te berei vir julle, sal Ek weer kom om julle te kom haal sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

Jesus het ‘n pragtige woonplek is die hemel vir ons gaan berei, so mooi soos jy nie eens aan kan dink nie. (1 Corinthians 2:9). Die beste is om gereed te wees vir wanneer Hy kom!