In Openbaring praat God van ‘n draak wat oorlog voer teen die nakomelinge omdat hulle hulself met God verbind het. Ons weet God is die oorwinnaar in die stryd teen die draak.
Die vraag is dan hoe herken ons die nakomelinge wat aan God verbind is? Openbaring vertel ons van die oorblyfsel volk wat die gebooie sal bewaar en die getuienis van Jesus hou. Wat beteken dit om die gebooie van God te bewaar? Die Tien Gebooie is deur God aan alle mense gegee en elke gebod het ‘n spesifieke doel en voordeel vir die mense wat dit gehoorsaam.
Dieselfde mense wat hierdie gebooie bewaar sal die drie engele se boodskappe wat ons in Openbaring 14 vind, verkondig. Die drie engele se boodskappe is: 1. Die uur van God se oordeel het gekom. Aanbid Hom wat die hemel en aarde gemaak het. (Openbaring 14:7). God se eindtyd kerk sal ‘n beroep doen vir mense om Hom as Skepper te aanbid. 2. Babilon het geal (Openbaring 14:8). se eindtyd kerk identifiseer nie met Babilon nie. In Openbaring 18:4 sien ons dat die kerk die mense uit Babilon uit moet roep “. . . Kom uit haar uit, My volk, sodat julle nie deel het aan haar sondes nie . . .” 3. Pasop vir die dier en sy beeld en sy merkteken (Openbaring 14:9-11). God se eindtyd kerk sal ander aanraai om die merkteken van die dier te vermy. Jesus sê hierdie is Sy belangrike drie eindtyd boodskappe aan die wêreld.
Sy volk sal Sy instruksies volg want hulle is lief vir Hom en sal die wêreld waarsku omdat hulle ook hulle naaste liefhet. Nou weet ons hoekom dit belangrik is om al God se gebooie te bewaar. Wat is volgende? Die oorblyfsel moet ook die getuienis van Jesus hou. In Openbaring 19:10 verduidelik die Bybel dat die getuienis van Jesus die Gees van profesie is. Dit beteken dat Openbaring se eindtyd kerk ook die gawe van profesie sal hê, en dat hulle deur die Heilige Gees gelei sal word. Hulle sal Bybel profesieë aan die wêreld verkondig. Watter beweging of groep mense voldoen aan die beskrywing? Is daar ‘n kerk wat dit vandag wel doen?
Ja! Die Sewende Dag Adventiste is ‘n vinnig groeiende Christelike denominasie, wat uit meer as 20 miljoen mense wêreldwyd bestaan. Hulle is deel van plaaslike konferensies in meer as 215 lande. Die Adventiste beweging eer God met hulle leer van ‘n gesonde lewenswyse, hulle ondersteun godsdiens vryheid en die skeiding tussen kerk en staat en verkondig die evangelie aan elke volk, stam taal en nasie. Dit is ‘n beweging wat mense van alle rasse aanvaar, alle taalgroepe en alle kulture. Wil jy ook een van diegene wees wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus hou? Die groep is oop vir enigeen wat die Woord van God aanneem en glo. Hoor jy Hom roep om jou skrede met Hom voort te sit sodat jy meer en meer lig kan bekom? Vandag is die dag om “die lam te volg waar Hy ookal gaan” (Openbaringevelation 14:4).