Het jy al ooit gewonder hoekom mense ‘n seël op ‘n brief of dokument sal plaas? Wat beteken dit?
‘n Seël bevat die naam, titel en gebied van die eienaar van die seël en dra die gesag en eienaarskap van die eienaar oor aan die ontvanger van die boodskap. In antieke tye, was was seëls dikwels op kontrakte en verdrae gebruik as identifiserende merke van gesag en outoriteit.
Het jy geweet God gebruik ‘n “seël” om Sy volgelinge te identifiseer en om aan te dui dat hulle deel is van die verlostes? Mense sal sekerlik nie ‘n was seël op hull evoorhoofde ontvang nie – dus wat is hierdie seël? Die Sabbat is ‘n seël van toewyding en dui op jou verhouding met God. Om die Sabbat te hou wys die volgelinge van God dat hulle aan Hom behoort. So hoe hou jy die Sabbat en wanneer is die Sabbat?
Mense is die enigste wesens wat reg en verkeerd kan onderskei en die deel van ons brein wat die besluite maak is ons prefrontale korteks wat net agter ons voorhoof is. Wanneer ons besluit om die Sabbat te gedenk soos dit in die vierde gebod van die Toen Gebooie staan, dan kies ons om deur God verseël te word. Die Sabbat is daar om ons te herinner wie God is. Hy is die Skepper van die hemel en die aarde. God sê deur die profeet Esegiël “Ek ook My Sabbate aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hule kan weet dat dit Ek die Here is wat hulle heilig.” (Esegiël 20:12) God wil ons herinner dat Hy ons Skepper en ons Verlosser is.
God het die mens op die sesede dag van die skepping geskape – Vrydag. Die volgende dag – S Sabbat het Hy gerus, dit geseën en dit geheilig. God wil waardevolle tyd deurbring met die mens wat Hy na Sy beeld geskape het. Dit beteken Hy wil graag tyd met jou deurbring. Het jy geweet die Sabbat het al van die eerste skeppingsweek af bestaan en dat dit nie vir ‘n spesifieke groep mense gemaak was nie? God het die Sabbat geskep nog lank voor Hy die Gebooie vir Moses op Sinai gegee het. En Paulus en die Christene het die Sabbat heilig gehou lank na Jesus aan die kruis gesterf het. Toe God die dae van die week geskep het is elke 24 uur periode afgemerk deur die rotasie van die aarde. Die nag gedeelte het die dag gedeelte vooraf gegaan. Dit beteken dat sonsondergang die eerste deel van die nuwe dag is. Elke dag van die week begin met sonsondergang. Daarom maa dit sin dat die Sabbat Vrydag met sonsondergang begin en aanhou tot en met sonsondergang Saterdag.
Wat meer kan God doen om die permanensie en die belangrikheid van Sy heilige Sabbatdag te beklemtoon? Hy het dit met Sy eie stem aangekondig in Eden, Hy het dit met Sy vinger geskryf op Sinai, en Hy het Sy geliefde Seun Jesus gestuur as voorbeeld vir ons om na te volg. Die dissipels het dit geleer en God se volgelinge sal dit op die Nuwe Aarde dwardeur die ewigheid bewaar. Wanneer die Skepper van die heelal jou vra om iets te doen, maak dit sin om die rigting wat Hy aandui te volg. Dink jy nie so nie? Veral wanner Sy motief vir die tyd is omdat Hy ons lief het.