In Eksodus 20:8-11, stel die Bybel dit duidelik dat “die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.” Hoekom rus en aanbid soveel mense dan op verskillende dae van die week? Wanner is dit dan Sabbat? Saterdag of Sondag?
Is dit moontlik dat die Christelike kerk menslike tradisiegaan toelaat om God se woord te oorskadu? En maak dit werklik saak watter dag die ware aanbiddingsdag is en watter dag die valse sabbat is? Die “eerste dag,” of Sondag, word slegs 8 keer in die Nuwe Testament genoem. Sommige van die verse beskryf hoe vroue terugkeer na Jesus se graf toe die Sondag om die liggaam van Christus voor te berei (Markus 16:1, 2; Markus 16:9; Mattheus 28:1; Lukas 24:1; Johannes 20:1).
Jesus was op Vrydag gekruisig. Dit is bekend as die “Voorbereidingsdag.” Hulle het daardie middag gaan voorberei vir die Sabbat wat Saterdag is. Jesus rus op die Sabbat – die sewende dag van die week. Hy het op Sondag opgestaan wat die eerste dag van die week is. As ons na die ander verse kyk wat die eerste dag van die week in die Nuwe Testament noem sien ons geen aanduiding van verandering nie. Menige Christen lees Lukas 4:16 dat Jesus “soos Sy gewoonte was,” op die Sabbat na die sinagoge gegaan het. Christus sê in Mattheus 24:20 dat Sy dissipels die Sabbat 40 jaar na die kruisiging sou hou.
So, Jesus het nie die Sabbat verander nie! Die Bybel beloof in Hebreërs 13:8, “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” God het nie die Sabbat verander nie, Jesus het nie die Sabbat verander nie en die dissipels kon nie die Sabbat verander nie! (Acts 5:29) Kom ons kyk na die profesieë om te sien hoe God se Sabbat moontlik verander kon word. In Daniël 7:2-3, sien Daniël vier groot diere wat uit die see uit opkom. Daniël beskryf die diere as ‘n leeu, ‘n beer, ‘n luiperd en ‘n draak met tien horings. Vers 17 verklaar dat die diere 4 konings of koninkryke verteenwoordig.
Die meeste Bybelse akademici stem ooreen dat die vierde dier die Romeinse Ryk verteenwoordig. Daniël 7:8 sê “Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen hulle op . . . ” Hierdie klein horinkie kom op tussen die eerste tien horings na die val van Rome.