n die vierde lesing gaan ons die Bybelse vloed en die effek daarvan ondersoek. Was dit 'n wêreldwye of 'n plaaslike vloed? Ons kyk na die moontlike toestande voor, tydens en na die vloed, waterbronne van die Vloed en katastrofiese plaattektonika (CPT).
Wat kan ons verwag om in die geologiese kolom / fossielrekord te sien as 'n wêreldwye vloed werklik plaasgevind het? As ons die fossielrekord ondersoek, met inagmenimg van die wêreldwye Vloed, dan maak alles weereens baie meer sin. Die vorming van 'vinnige fossiele' weerspreek 'n stadige, geleidelike proses. Voorbeelde hiervan sal getoon word.
Die wêreldwye vloed was instrumenteel in die vorming van berge en valleie, terwyl vulkaniese aktiwiteite en verwante prosesse tydens die Vloed die perfekte omstandighede geskep het vir die ontwikkeling van Die Ystydperk wat opgevolg is deur die Tydperk van Gletsers