Om 'n volk voor te berei om in die dag van God te staan, moes 'n groot werk van hervorming volbring word [deur die Adventbeweging]. God het gesien dat baie van Sy belydende mense nie bou vir die ewigheid nie, en in Sy barmhartigheid was Hy op die punt om 'n waarskuwingsboodskap te stuur om hulle op te wek uit hulle dwaling en hulle te lei om gereed te maak vir die koms van die Here. "Kyk, Ek stuur vir julle die profeet Elia voor die koms van die groot en vreeslike dag van die Here." Maléagi 4:5