Die woord empatie beteken ‘to suffer with”. Dit is anders as om jammer te voel. Dit is soos die seuntjie wat by ‘n oom pleit om ‘n gebreklike hondjie uit ‘n werpsel te koop. Die oom dink dit is omdat die seuntjie jammer is vir die hondjie. Maar toe trek die seuntjie sy sweetpakbroek se linkerpyp op, en wys die oom dat hy ‘n kunsbeen het, en sê: Ek weet hoe hy moet voel en dat niemand hom wil hê nie…
Empatie kan voel wat ander voel, want hulle was self daar.