Dis IN Liefde waar jy gemaak word. Dis net IN God wat jy jou ware self kan vind. En miskien, terwyl jy jouself so aanskou, in die lig van Liefde – jou selfsug en liefdeloosheid ook onder die soeklig - kan jy die geliefde word (wees) wat jy is. Die lewenslange reis: om te word wat jy is. Liefde: jou vandaankomplek en jou heengaanplek. Jou regte huis.
Mag 2016 werklik die jaar van onse Here wees.
Mag jy in Liefde in val – die pyn én die passie – en uit Liefde leef.