"Die teoloog N.T. Wright kom tot die gevolgtrekking dat meeste van ons Paulus se grootste tema heeltemal mis. Hy som dit so op: Die nuwe tempel van God is die mens. Na opregte ommeswaai (of bekering) is God nie bloot iewers-doer-ver nie: jy is in God en God is in jou."