n Paar jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ‘n paar dae in die Australiese Outback deur te bring in die omgewing van Uluru, ‘n massiewe rooi sandsteenformasie 348 meter hoog en ‘n omtrek van 9.4 kilometer. Die dag toe ons daar kom, sê die toerleier daar is iets wat julle moet weet. Vergeet van gevaarlike slange. Die kans dat jy deur ‘n slang gepik gaan word, is gering. Daar is ‘n groter gevaar. Dehidrasie. Ontwatering. Dehidrasie maak baie meer mense dood as slangbyte. Hy het seker gemaak ons het elkeen ten minste drie liter water by ons te alle tye. Nie sonder rede nie, want dit word ontsettend warm. As ek psalm 63 lees, dan sien ek in my geestesoog vir Dawid by Uluru, in die dorre Judese woestyn met sy verskroeiende hitte, sonder water. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.63.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/