Listen

Description

In die rolprent A few Good Men is daar ‘n toneel uit ‘n militêre verhoor. Kolonel Natan R Jessep onder kruisondervraging. Die prokureur Lt Daniel Kaffee is baie direk: Hy wil by die waarheid uitkom. Colonel Jessep ... "You want answers?" Lieutenant Kaffee ... "I think I'm entitled." Colonel Jessep ... "YOU WANT ANSWERS?" Lieutenant Kaffee ... "I WANT THE TRUTH!" Colonel Jessep ... "YOU CAN'T HANDLE THE TRUTH!" Daar is waarheid wat mense moet hoor, en dikwels is hierdie die waarheid: “You can’t handle the truth!” Mense wil nie die waarheid hoor nie. Die waarheid is: God gaan vir die hart! Beginsel: Probleme is God se geleentheid om mense se harte te verander. God stel belang in die hart! Uit die lewe van die profeet Elisa het ons die laaste paar weke gesien hoe God die mees hooplose situasies omskep. ‘n Weduwee kan haar skuld betaal omdat God die olie vermeerder. ‘n Kinderlose egpaar kry die kind waarop hulle so lank wag. Die kind gaan dood maar Elisa wek hom op uit die dood. Slegte kos word eetbaar gemaak. Hongersnood word oornag uitgewis. Maar alles gebeur met ‘n groter doel. God kry die eer. As die hart verkeerd is, gaan God op die hart fokus. Hy gebruik probleme om mense se aandag te kry, dis waar; Hy sal mense help met hulle probleem, dis waar – Hy verander situasies in antwoord op gebed, Hy voorsien finansies, Hy herstel verhoudings, Hy genees, Hy help – maar wat regtig vir God saak maak, is dat mense se harte in lyn met Sy wil sal kom. As die hart vir God ’n probeem is, gaan die verandering van die hart vir die mens ’n probleem wees. Mense wil nie met die waarheid gekonfronteer word wat hulle hart gaan ontbloot nie. Ons sien dit baie duidelik wanneer ons stilstaan by 2 Konings 5, die verhaal van die melaatse Naaman se genesing. - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ - https://www.bible.com/bible/117/2KI.5.NLV