Listen

Description

Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jou lewe gee, het jy geen rede om te wil aanhou nie. Hy vertel in Man’s search for meaning hoe hy hierdie beginsel in aksie gesien het in die ondraaaglike omstandighede in die konsentrasiekamp. Sommige mense het vinnig die wil om te oorleef verloor. Hulle het nie die konsentrasiekamp oorleef nie. Ander mense weer het sterk genoeg rede gehad om te oorleef, en hulle het oorleef, teen alle verwagting in. Frankl publiseer nog ‘n boek in 1946, Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul). Hierin praat hy oor die rol van die psigiater om mense te help om betekenis te vind in hulle lewe. Frankl vertel in sy outobiografie hoe hy en sy vrou op ‘n dag in Weenen verby ‘n katedraal stap. Die indrukwekkende Gotiese boustyl het hom altyd aangegryp, hoewel hy nog nooit binne-in die kerk was nie. Dié dag beweeg die pragtige orrelmusiek in die kerk hom en sy vrou om in te stap. Die priester begin preek. Frankl hoor hoe die priester uitvaar teen die goddelose idees van ‘n ene Victor Frankl hier in Weenen. Die priester bespreek daardie dag Frankl se boek Die ärzliche Seelzorge (Engelse titel: The doctor and the soul), en kraak alles af wat vir Frankl van waarde is. Frankl het die volgende te sê oor die toevalligheid van die situasie, dat hy juis op daardie oomblik moes instap: “How many minutes had passed from my birth up to that sermon, up to the point of our visit to the Votive Church for the first time? How minuscule the chance that I would enter at exactly the moment when the priest mentioned me in his sermon? I think the only appropriate attitude to such coincidences is to not even try to explain them. Anyway, I am too ignorant to explain them, and too smart to deny them.” Jy is welkom om saam met my te besin oor die onderwerp “Niks gebeur sommer net nie!”