Dis Vrouemaand, en in Augustus luister ons na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit die bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Marlise Joubert, Lina Spies, Rosa Keet, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Joan Hambidge, Ronel Nel, Antjie Krog, Riana Scheepers en Olga Kirsch. Martelize Kolver is die voorleser.