Die aktrise en stemkunstenaar Roeline Daneel lees van haar gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Zandra Bezuidenhout, Ronnie Belcher, Gert Vlok Nel, Antjie Krog, Hilda Smits, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach en Lina Spies. Waarskuwing: Daar is een gedig is waarin kru taal gebruik word. Dit word tydens die program ook aangekondig.