Listen

Description

Luister na 'n tweede aflewering van gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer en akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om "doepa vir die droefte" te wees en die onderhoudende manier waarop hy kan gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Jy kan ook toonsettings en voorlesings van Weideman se gedigte deur Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (die HA!man) hoor.