Op Vers en Klank saam met Sophia van Taak kom die reeks oor die digter C. Louis Leipoldt vanaand tot ’n einde. Maar: daar is nog heelwat lekkertes om na uit te sien! Die drie lesers – De Klerk Oelofse, Nicole Holm en Anrich Herbst – deel gedigte uit die laaste vier albums uit Leipoldt se pen, en ons luister ook na toonsettings van sy gedigte deur Gert Vlok Nel en Jannie du Toit.