Eben Genis lees gedigte voor deur Clinton V. du Plessis. Du Plessis word dikwels beskou as een van Afrikaans se mees onderskatte digters. Hy skryf toeganklike, deernisvolle verse en alhoewel hy lanklaas gepubliseer het, het hy vele volgers op Facebook, en plaas hy gelukkig baie van sy gedigte daar. Hy is 'n rekenmeester met 'n kop vir syfers en 'n hart vir woorde.