Listen

Description

Frieda van den Heever lees gedigte voor uit Hilda Smits se bundel, mag die diep slaap jou dan, wat in 2021  deur Protea Boekhuis uitgegee is. Smits se debuutbundel is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir poësie in 2017 en hierdie tweede bundel van haar word eweneens met groot lof ontvang deur die literêre gemeenskap. Dit is 'n bundel wat die leser boei en uitdaag, aan die raai hou, verwar, verdwaas en doelbewus sonder die gewone krukkies laat waarmee ons gedigte verstaan, skryf Hein Viljoen. Joan Hambidge beskryf dit as 'n verruklike bundel.