Die skrywer, digter, sanger en teoloog Koos van der Merwe is in die ateljee. Hy is veral bekend vir sy tydskrifrubrieke en Afrikaanse vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werk. Hy lees gedigte voor uit sy bundels, en ons luister na van sy selfgeskrewe liedjies asook 'n vertaling van 'n Leonard Cohen-lied.