Susanne Beyers gedigte voor uit 'n nuwe bundel deur Margaret Cordier. Dis getiteld, Buigbreek, en is uitgegee deur Cordis Trust Publikasies. Margaret Cordier het haar vormingsjare in die Noord-Kaap en Namakwaland deurgebring, en in die dorpie Alexanderbaai grootgeword. Later, op Roedtan, het sy vier kinders grootgemaak, twee maal die Comrades gehardloop en tweekamp gedoen, en ook haar graad aan Unisa met sielkunde en kriminologie as hoofvakke voltooi. Sy skryf geleentheidsgedigte en prosa, en voer dit op as monoloë. Margaret het na ’n tyd van omwenteling uit die Wes-Kaap na Pretoria verhuis, waar sy haar tyd as enkeling gebruik om te draf, dig en skryf. Dis Margaret se debuutbundel en dit verwoord 'n onvoorspelbare lewensreis skeppend-byna beeldend.