Luister verder na gedigte uit 'n pragtige bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel. MASKERS EN MURE. Dit bestaan uit 142 gedigte, en is saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is 'n uitsonderlike digbundel wat 'n blik gee op 'n waterskeidingstyd toe die wêreld deur 'n pandemie lamgelê is. Die emosies en perspektiewe van 142 uiteenlopende digstemme maak hiervan 'n tydkapsule vir toekomstige lesers. Hoofsaaklik bekende digters, maar ook nuwes, neem ons op 'n emosionele reis waarmee ons eie ervaring van Covid-19 sal resoneer." Johann Nel en June van Merch is die voorlesers.