Luister na gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van Merch, Anrich Herbst, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Roeline Daneel, Johann Nel en Elsabe Daneel.