Listen

Description

Luister na gedigte uit Lynthia Julius se debuutbundel, Uit die kroes. Julius was die wenner van die AVBOB-digkunskompetisie in 2018. Bernard Odendaal skryf: "As postapartheid-nasaat van 'Ouma Xhau' kom vertolk hierdie Namakwalander en Kimberliet in 'n sprankelende Omgangsafrikaans die vlees en bloed van 'bruin' wees in Suid-Afrika. Sy loop haal dit in die Kaapse Kompanjiestyd met sy slawernyvergrype, en loop met raaktraptreë deur die eeue daarmee om dit in vandag se steeds rasbehepte dae te kom staanmaak.  Jy gaan regop sit, jou mond gaan waarskynlik oophang, ander kere gaan jy jou kop wil vasgryp, plek-plek sal jou lagspiere rimpel, of jou traankliere stuiptrek. Onbewoë sal jy nié bly nie." En sy is maar net 25.