Listen

Description

Ampte:  Roeping

Elke gelowige het 'n roeping – die roeping om gelowige te wees in die wêreld.

Maar gelowiges het ook n roeping binne die kerk om met hul gawes die medegelowiges te dien deur middel van die spesifieke ampte.

02:10 God roep deur die evangelie.  Hoe vervul gelowiges hul roeping in die wêreld?

03:54 God werk in en deur Sy kerk. 

07:00 Primêre roeping - God roep elke mens na Jesus toe om Hom te volg.

08:24 Gawes gaan 'n gemeente vooraf, en is bedoel om God en die gelowiges te dien.

16:00 Ons moet ampte in die kerk reformeer.

16:35 Hoe lyk die spesifieke roeping van ampsdraer in die kerk?

20:50 Gelowiges word gedring deur die Gees tot 'n spesifieke roeping.

25:13 Roeping is 'n innerlike dryf deur die Gees en 'n uiterlike getuienis na die gemeente, wie dit ook  bevestig.

30:35 Bekwaamheid en gewilligheid kan nooit 'n plaasvervanging wees vir die roeping van ampte nie.

32:00 Roeping moet reformeer:  verstaan roeping, en hou by standaard en kwalifikasies wat die Woord stel.

32:46 Gebed staan sentraal in die roeping tot die ampte.

33:30 Jesus se beeld van die skape en hul herder.  Johannes 10

35:40 Het ek 'n roeping/funksie in die kerk?  Ja, want elke ledemaat van die liggaam het 'n funksie.

36:36 Pas die kudde van God op wat aan julle toevertrou is…1 Petrus 5:1-3