God is ons groot Koning. Hy regeer soewerein as Koning van alle ewigheid af, en sal tot in ewigheid regeer. Waarom bid ons dan in die tweede bede van die Onse Vader, "Laat U koninkryk kom"? Hoekom het Jesus self gesĂȘ: "... die koninkryk van God is binne in julle"? Hy het vanuit die hemelse koninkryk na die aarde gekom tot by ons, sodat die hart van die gelowige kan deel wees van die koninkryk van God tot in die volkomenheid van Sy reik; die ewige koninkryk.