Listen

Description

Send us a text

Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. 

Ek is in hierdie paar dae aan die einde van ‘n ou jaar nogal geneig om ‘n bietjie nostalgies te voel en te peins oor die jaar wat verby is, voordat ek my gedagtes kan fokus op die jaar wat voorlê. Dit lyk net altyd vir my na so 'n natuurlike ding om te doen.

Ek het gevind dat ek skuldig voel oor die dinge wat ek oor die afgelope twaalf maande gesê en gedoen, of nie gesê en nie gedoen het nie. Het jy ook sulke klein jakkalsies wat aan jou wingerd knaag? 

Miskien verwyt ons onsself oor die gevolge van ons dade; miskien dink ons ons is in sommige opsigte stief behandel, maar miskien is vandag nie so 'n slegte plek vir ons om 2025 se blaadjie om te slaan nie. 

Dit word algemeen aanvaar dat dit Jeremia is wat hierdie woorde vir Israel gesê het tydens 'n besonder moeilike tyd in hulle geskiedenis:

Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.

Dit is 'n goeie ding vir elkeen van ons om hand in eie boesem te steek en ‘n bietjie te dink aan waar ons gefaal het; waar ons afgedwaal het; en natuurlik watter foute ons beslis nie in die nuwe jaar weer wil maak nie.

Kom ons begin vandag met ‘n skoon bladsy: Ons vermy die slaggate van die verlede; ons neem slim besluite.

So, haal almal diep asem. Skep nuwe moed.

Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY