Listen

Description

Send us a text

Genesis 3:8-10 Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy? En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” 

Vrees is ‘n normale menslike emosie. Dit is ‘n kritieke beskermingsmeganisme in 'n lewensgevaarlike situasie, maar die ander soort vrees; die skuldgevoel en die wete dat die gevolge jou ingehaal het, is die soort vrees wat jy wil vermy, nè?

Is jy al ooit vir ‘n spoedoortreding deur die polisie van die pad afgetrek? Ek onthou jare gelede toe dit met my gebeur het. Ek het ewe skielik die flikkerende ligte in my truspieëltjie gesien ... en die gevoel van vrees vir wat gaan gebeur, het my benoud laat voel. Soos ek gesê het, was dit nie ‘n lekker gevoel nie.

Maar daardie gevoel van vrees wanneer ons weet ons het die verkeerde ding gedoen, is so oud soos die berge. Dis wat Adam en Eva ervaar het in die Tuin van Eden, nadat hulle van die vrugte van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad, wat God hulle verbied het, geëet het.

Genesis 3:8-10 Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?                                      

En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

Vrees is juis die rede waarom ons sonde ons van God skei. So, die volgende keer as jy in die versoeking kom – maak nie saak hoe aanloklik die lokaas mag wees nie – onthou, daar is gevolge. Vrees sal sy tentakels inslaan.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY