Listen

Description

Send us a text

Matteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV) 

Mense praat al eeue lank oor die ondergang van die Christendom. Dit was egter net wensdenkery van hulle kant af. En terwyl kerkbywoning in sommige denominasies afgeneem het, is dit in ander weer aan die toeneem.

Voltaire, die agtiende-eeuse Franse filosoof, skrywer en kritikus het die Christendom gehaat en dikwels teen Christene en die Bybel geskryf. In 1776 het hy ‘n voorspelling gemaak, wat as volg lui: ‘n Honderd jaar ná my tyd sal daar nie 'n Bybel op aarde wees nie; behalwe een wat deur 'n versamelaar van interessante ou geskrifte bewaar word.

CrossExamined.org bied sterk historiese bewyse dat slegs vyftig jaar na sy dood, is die einste huis waarin hy eens gewoon en geskryf het, deur die Evangeliese Vereniging van Genève as 'n pakhuis vir Bybels en Evangelisasie-traktate gebruik. Dis nogal ironies, nè? Die drukpers wat hy eens gebruik het om sy eie werke te druk, is toe eerder gebruik om Bybels te druk.

Natuurlik het die priesters en familiehoofde van daardie tyd ook probeer om Jesus stil te maak. Hy is bespot en gehaat deur die godsdienstige establishment. Hulle het nie gehou van wat Hy gesê het nie. Wat was sy reaksie?

Matteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)

Die vuur wat Jesus in sy hart gehad het om vir my en vir jou te red; om ons 'n lewe te gee wat die moeite werd is om te leef en om ons die ewigheid saam met Hom te laat deurbring ... kan nie uitgedoof raak nie. Dit brand helder in hierdie huidige duisternis en sy Lig, sy warmte, sy liefde is vir jou.

 

Natuurlik is daar diegene wat God se Woord bespot en wat hulle wat Jesus volg, haat, maar hulle sal nooit seëvier nie.

Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)

Jesus is die Woord van God. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY