Listen

Description

Send a text

Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” 

Het jy al ooit ‘n tyd van emosionele en geestelike droogte ervaar? Dis nie aangenaam nie – jy wil dit graag vermy en vertrou dat dit nooit weer sal gebeur nie. Maar dit is nie terminaal nie; jy sal jy dit oorleef, mits daardie tyd natuurlik nie vir te lank aanhou nie. 

Weet jy, die proses waardeur ‘n liggaam gaan wanneer dit nie genoeg vloeistof kry nie, illustreer die proses baie duidelik. Jy is dors, jy smag na iets om te drink, maar indien dit nie vir te lank aanhou nie, sal jy oukei wees. Maar wat sal gebeur as dit wél lank aanhou? Wat dan?

Kom ons kyk hoe werk dit: Jou mond word droog, jou lippe kraak, en binnekort neem jou bloed se volume (wat meestal water is) af. Die volgende stap is dat jou bloed verdik; jou sirkulasie verstadig, en dan plaas dit ‘n groter las op jou hart.

Binnekort neem die breinfunksie af, die nierfunksie versleg en jou liggaam oorverhit ... en so gaan dit aan totdat orgaanversaking intree en dan is die skrif aan die muur; en dít alles weens 'n gebrek aan vloeistof!

Jesus het 'n Samaritaanse vrou by 'n put ontmoet en water as 'n geestelike metafoor gebruik. Hy sê die volgende vir haar:

Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Jesus wys hier dat wanneer ons na Hom toe kom; wanneer ons in 'n ryk, dinamiese verhouding met Hom tree, ons nooit weer emosioneel of geestelik dors of droog hoef te wees nie. Die water wat Jesus gee, sy Heilige Gees, is lewende water, borrelende water, water wat die ewige lewe bring. Gaan na Hom toe om jou te vul met sy geestelike water.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY