1 Korintiërs 14:33,40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied.
Dit lyk asof mense in ons wêreld óf georganiseerd óf ongeorganiseerd; netjies óf deurmekaar is. En aangesien teenoorgesteldes mekaar aantrek, lyk dit amper onvermydelik dat huweliksmaats dikwels aan teenoorgestelde kante van daardie spektrum is. Dis genoeg om enigiemand mal te maak!
My Germaanse opvoeding en tien jaar in die weermag het saamgewerk om my ultra-georganiseerd en ultra-netjies te maak. So jy kan jou voorstel hoe ontsteld ek was toe ek sien dat 'n kollega van my honderde e-posse in sy inkassie gehad het.
Waarom het hy hulle nie in logiese, maklik toeganklike vouers georganiseer nie? Wel, al is hy in ander aspekte van sy lewe georganiseerd, is hy nie besonder tegnologie-georiënteerd nie, so dit het nie by hom opgekom nie. En – hier is die probleem – dit het hom baie stres veroorsaak wanneer hy na iets, wat hy geweet het dáár was, maar dit nie kon vind nie, gesoek het.
Dis ongelukkig die gevolg. Om nie georganiseerd te wees nie, is stresvol. En wie het nie minder stres in hul lewens nodig nie?
1 Korintiërs 14: 33 en 40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied.
Hierdie gedeelte het Paulus aan die Korintiërs geskryf in die konteks om orde te hê in die bestuur van hul gemeentes. Maar die beginsel bly staan.
God is nie 'n God van verwarring en wanorde nie, maar 'n God van vrede ... doen alles op die regte en op ‘n ordelike manier.
Of dit nou die boonste laai van jou bedkassie is; jou sleutels of jou beursie is; jou finansies of jou lewe is, doen jouself 'n guns. Verminder jou stres. Raak netjies en georganiseerd.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.