Listen

Description

Send us Fan Mail

Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. 

Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie?

Franciscus van Assisi is in ‘n adellike gesin gebore. Hy was gewoond aan baie geld, luukshede, fyn klere, bankette en hoë status. Hy is tydens ‘n veldslag gevange geneem en vir meer as ‘n jaar as gyselaar in ‘n ondergrondse tronk aangehou. Hier het God in ‘n visioen aan hom verskyn en hy het die betekenis van luuksheid en voorreg begin bevraagteken. Hy het radikaal tot bekering gekom, sy lewe aan die Here gewy en ‘n monnik geword.

Hy het in eensaamheid na die behoeftiges en melaatses – die mense wat hy vroeër sou verag het - omgesien. Hy het sy erfenis verwerp en eerder 'n lewe van radikale armoede, prediking en dienswerk gekies.

Ja, dit is die waarheid... Hoe groot ons behoefte na rykdom, gemak en invloed ook al is ... ons weet diep binne-in dat dit nie saak maak hoe aanloklik geld en gemak lyk nie, dit sal nooit die diepste verlange van ons siel kan bevredig nie. Die apostel Paulus skryf hierdie woorde aan die kerk in Rome nadat daar ‘n stryery in die vroeë kerk ontstaan het.

Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Dit gaan nie oor die dinge van hierdie wêreld nie. Al wat hulle doen, is om ons te mislei en ons vreugde en vrede te steel.

Franciscus het die vlietende plesier van hierdie wêreld verruil vir die dieper werklikheid van God se koninkryk – die geregtigheid, die vrede en die blydskap wat die Heilige Gees bring.

God se koninkryk - sy heerskappy in ons lewens - is nie dié van 'n despotiese diktator wanneer ons onsself gewillig aan Hom oorgee nie. Nee, die koninkryk van God is 'n koninkryk van vreugde.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY