Efesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
Die begeerte om goedgemanierde, gehoorsame kinders groot te maak, word deesdae dikwels geminag. Mense dink al te dikwels ons moet hulle toelaat om hulself uit te leef, om hulle eie koppe te volg en om die lewe ten volle te geniet. Maar die vraag wat jy jouself moet afvra, is ... watter soort volwassenes lewer dit op?
Verstaan my mooi, ek is nie ‘n voorstander van die outydse styl van ‘n heeltemal oordrewe streng opvoeding, waar kinders gesien, maar nie gehoor moet word nie. Nee ons weet mos: kinders is immers kinders. Tieners is tieners.
Toe ek in die 1960's en 70's grootgeword het, het ek so een of twee keer ‘n deftige loesing by my pa gekry. Dit is maar net hoe dinge destyds was, en ek wil nie vir een oomblik voorstel dat ons daarna terugkeer nie.
Maar as ek na die groot hoeveelheid selfgesentreerde volwassenes wat ons deesdae sien, kyk, wonder ek of die “moenie-inmeng-benadering” tot kinderopvoeding enigiemand enige gunste bewys. Kyk net na die vlak van sosiale kommunikasie deesdae. Dis verskriklik narsisties. So, kom ons kyk wat staan in:
Efesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
Nouja, sosiale standaarde is deesdae dalk 'n bietjie anders. Maar wees verseker dat een van die belangrikste dinge wat ons in ons lewens vir ons kinders kan doen; een van die grootste beleggings wat ons kan maak; ‘n belegging wat oorvloedige vrugte in hul volwassenheid sal dra - vrugte wat waarskynlik ongetwyfeld deur baie geslagte sal weerklink - is om hulle te leer om hul ouers te respekteer, te eer en te gehoorsaam.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.