Listen

Description

Send us a text

Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

Ek weet nie van jou nie, maar elke nou en dan stop ek om te dink oor hoe lank ek nog op hierdie aarde oor het. Miskien is dit net my grys hare, maar ouderdom het niks met die prys van eiers te doen nie. Nie een van ons het ‘n idee van wanneer ons die weg van alle vlees sal gaan nie. So, hoe gaan jy jou tyd wat jy oor het, deurbring?

As jy daaroor nadink, is tyd die enigste bate wat jy spandeer sonder om te weet wat die balans is. Tog mors ons so baie daarvan op nuttelose dinge. Sommige mense spandeer elke week ure en ure op sosiale media.

Ek het onlangs 'n paartjie ontmoet wat 'n 169-dag-om-die-wêreld-bootvaart bespreek het. Dit klink heerlik en daar is niks verkeerd met bootvaarte op sigself nie, maar hierdie mense is so vol lewe en hulle het soveel om te bied. Is dit regtig die beste gebruik van hulle tyd wat oorbly? Ek vra maar net.

 

Dit is dalk slim om onsself af te vra: Wat wil ek met die tyd wat vir my oorbly, doen? Watter impak wil ek nog maak? Watter mense wil ek liefhê, help en koester? En hoe balanseer ek dit met die rus en ontspanning wat ons almal nodig het?

Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

Wat sê God vandag vir jou in jou situasie, in jou konteks? Wat beteken dit vir jou om wys, nie dwaas, te leef nie? Watter geleentheid het jy om in hierdie bose tyd goed te doen? Kom nou, wat sê God vir jou?

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY