Listen

Description

Send us Fan Mail

Lukas 6:46 '“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? '

Elke dag hoor ons die raad: “volg jou hart.” Dit klink vry en fantasties – totdat jou hart jou in iets gevaarliks inlei. Diep hier binne gehoorsaam selfs die mees onafhanklike mens nog steeds iets: of dit nou begeertes, vrees, geld of die mense se goedkeuring is. Die vraag is nie óf ons gehoorsaam is nie, maar aan Wie of wat ons gehoorsaam is.

Dink net aan 'n vlieënier wat die beheertoring heeltemal ignoreer. Hy glo wel die instruksies is goed – hy gehoorsaam dit net nie. Dit maak nie saak hoe opreg hy voel nie, die eindproduk bly presies dieselfde: 'n groot ramp. As jy net glo maar nie gehoorsaam nie, gaan jou vliegtuig steeds verongeluk.

En weet jy, ons wil dit heeltyd met God ook doen. Ons sê: Here, ek vertrou, maar ons hou aan om op eie instink te vlieg. Ons hou vas aan ons bitterheid, ons gerief, ons eie beheer, en ons reg om dinge op óns manier te doen.

En dan wonder ons hoekom die geloof waarvan ons so baie praat, in 'n hoop skerwe eindig. Jesus het self gevra:

Lukas 6:46 '“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?”

Dit was nie bedoel om mense slegs te berispe nie – dit was 'n uitnodiging. Ware geloof luister en volg. Ware liefde sê: Ja, Here, selfs wanneer dit baie kos om gehoorsaam te wees. Gehoorsaamheid gaan nie daaroor om God se goedkeuring te verdien nie. Dit is juis die bewys dat ons dit reeds het. 

So wanneer God sagkens met jou praat – om dié of daardie persoon wat jou te na gekom het, te vergewe; of om te gee selfs al voel dit na heeltemal te veel, of om weg te stap van die ding wat jou siel stadig maar seker vernietig – moenie huiwer nie, moenie wag nie, en moenie twyfel nie.

Jy hoef nie die hele plan te verstaan nie. Jy moet net dié Een vertrou wat vir jou die instruksies gee.

Want die geloof wat gehoorsaam, mag dalk soms bewe, maar dit sal nooit neerstort en uitbrand nie. En weet dít: elke liewe daad van gehoorsaamheid beweeg jou weg van 'n leë geloof … reguit in 'n lewende, ware geloof in.

Waarom noem julle My: ‘Here, Here!’ en doen nie wat Ek sê nie?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY